
In die teenwoordigheid van die Allerhoogste
In die teenwoordigheid van die Allerhoogste is geskryf vir mense wat op soek is na die rus wat die Here gee, al leef ons in ’n gejaagde wêreld. ’n Lewe van innerlike vrede is vandag nog moontlik. Daardie vrede wat jou elke dag soos ’n tevrede kind in die teenwoordigheid van jou hemelse Vader laat sit, vra egter dissipline en oefening. So ’n lewe kom nie vanself nie. Dit vra toewyding en gehoorsaamheid, maar dit vra ook luister en rus. Hierdie jaarboek is bedoel as jou gids op die pad na ’n meer gedissiplineerde lewe saam met God. Dit wil jou stap vir stap, dag vir dag en maand vir maand begelei deur ’n paar geestelike oefeninge sodat jy aan die einde van die jaar iemand kan wees wat nuwe geestelike vreugde ervaar.