{"product_id":"nagjagter_large-print_handel","title":"Nagjagter_Large print_Handel","description":"\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eHy moet die stad se bloeddrinkers met sy houtpen en swaard uitroei …\u003c\/span\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eDie Holy Hunchback Vampire Slayer glo hy is ’n heilige wat die stad se vampiere moet uitwis. Sy eerste slagoff er vermoor hy met ’n houtpen deur die hart op die verhoog tydens die opvoering van die riller-drama, Die Boggelrug Vampierjagter.\u003c\/span\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eDoktor Olaf Demeyer en sy vriendin adjudant Beth Jordaan is ooggetuies saam met 104 toeskouers. Olaf se dogter Franci vertolk ’n rol in die drama.\u003c\/span\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eBeth stem in om die aanvanklike ondersoek te lei. Heel gou veroorsaak die besluit spanning tussen haar en Olaf, aangesien sy vir Franci as ’n medepligtige verdink. Olaf roep die hulp van ’n privaat ondersoeker in en ontdek so dat Franci betrokke is by die Port Elizabeth Gothic Vampire Society.\u003c\/span\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eHulle is opwindingsoekers wat bloot hul vampier-fantasieë uitleef. Hy vind ook uit dat daar in die stad ’n kring van ‘real life’ vampiere is. Nie vampiere soos in fi lms uitgebeeld word nie; hul toestand word in die psigologie as Kliniese Vampirisme gedokumenteer.\u003c\/span\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eDit lyk vir Olaf of die boggelrug die meeste van sy slagoff ers uit die twee groepe vampiere kies. Maar wanneer hy die moordenaar se ware motief ontdek, besef hy honderde onskuldiges in die stad se lewe word bedreig.\u003c\/span\u003e","brand":"Lapa Publishers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40197587173474,"sku":"9780637000093","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/1279\/5591\/products\/379424_62da65dd781c68.60697646_9780637000093_229x359_5dcd8d4b-135c-485d-978e-4966d9debfc1.webp?v=1671358040","url":"https:\/\/elexacademicbookstore.co.za\/products\/nagjagter_large-print_handel","provider":"Elex Academic Bookstore","version":"1.0","type":"link"}