{"product_id":"n-goeie-jaar-vir-rose","title":"n Goeie Jaar Vir Rose","description":"\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eHoe oorleef 'n mens tragedie ná tragedie?\u003c\/span\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003e \u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003eNeil Viljee vlug Australië toe ná ŉ tragedie, maar hy kom terug toe sy ma hom laat weet sy pa is terminaal siek: om afskeid te neem en sy ouers by te staan. Dis egter nie sy ma wat hom inwag nie. Hy tref sy pa, ŉ familievriendin en sy niggie se ontwrigte tienerdogter aan, want sy ma is onverwags dood aan ŉ hartaanval.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003eNeil besef dat hy in Australië net sy vroeëre rouproses uitgestel het, en die verlies aan sy ma dwing hom om die verwoestende gebeurtenis wat hom landuit laat vlug het in oënskou te neem. Karel probeer Neil help midde-in sy eie droefheid en fisieke agteruitgang. Millie skep orde terwyl sy ŉ besluit probeer neem oor haar huwelik wat in gevaar is. Charlie weet dat sy nie terug kan gaan na haar bedenklike huislike omstandighede nie, en sy probeer haar agterstallige skoolwerk inhaal en ŉ toekoms op haar eie karteer.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003eElkeen verwerk die geliefde Lea se dood op ŉ eiesoortige manier. Innerlike konflik word na die oppervlak gedwing en geheime en waarhede word ontbloot. Hulle vorm ŉ unieke gesin, wat mekaar dwing tot selfondersoek, maar wat mekaar veral ondersteun en bystaan, en elkeen vind ŉ mate van vrede.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003eHierdie is veral 'n storie oor die genesing van ou emosionele wonde. Die manlike hoofkarakters dryf die roman en gee insig in die manlike psige, terwyl die altyd teenwoordige kat in die skrywer se romans (byna soos in die Frans-Joodse kunstenaar Marc Chagall s'n) al sinoniem is met haar werk en al haar handelsmerk geword het.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003e'n Goeie jaar vir rose is Santie van der Merwe se sewende roman. Die laaste drie boeke wat dit voorafgegaan het, is: Ver in die wêreld Kittie, Die einde van die storie en Al wat oorbly.\u003c\/p\u003e","brand":"Lapa Publishers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39430102646882,"sku":"9780799396515","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/1279\/5591\/products\/aaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaa_52cc1bc3-e145-445e-a3be-9d87abce5b1a.jpg?v=1633345151","url":"https:\/\/elexacademicbookstore.co.za\/products\/n-goeie-jaar-vir-rose","provider":"Elex Academic Bookstore","version":"1.0","type":"link"}