Menu
Cart 0
MML Literêr: Om Op Eiers Te Dans

MML Literêr: Om Op Eiers Te Dans

  • R 138.00
  • Save R 12


Hierdie dramatiese jeugroman speel af op n plaas in die Karoo. Die hoofkarakter, Stefan, word oorheers deur sy bitter, manipulerende ma terwyl sy pa gereeld ontvlugting soek van die verlede en hul omstandighede op die plaas. Die leser word meegevoer op n reis van misverstande, moedeloosheid en sprankies hoop dat dinge kan verander. Die storie fokus veral op die komplekse verhouding tussen ouers en kinders.

Ek was met die wegspring baie beïndruk met hierdie verhaal, want dit begin met n oorspronklike en spannende gebeurtenis wat die karakters dramaties aan die woord stel. Riana Scheepers

Maya Fowler se roman The Elephant in the Room (Kwela, 2009) was op die kortlys vir die Herman Charles Bosman-prys, en haar jeugroman Detour was op die kortlys vir die Sanlam-prys. Dit het daarna in Afrikaans verskyn as, As jy n ster sien verskiet (Tafelberg, 2011).