{"product_id":"marilyn_large-print_handel","title":"Marilyn_Large print_Handel","description":"\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eVywervrou? Nee, ŉ kaivrou. Dis wat sy is.\u003c\/span\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eOmring met haar geliefde vywervroue, weet Marilyn sy is nie een van hulle nie. Sy is ŉ kaivrou, die waterwese wat mans en kinders die dieptes intrek en verdrink. Daarvan getuig haar hele lewe tot hier toe. Dis iets waarmee sy gedink het sy vrede gemaak het.\u003c\/span\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eMet die pandemie wat die wêreld op sy kop keer en die ouderdom wat Marilyn al hoe meer bewus maak van haar sterfl ikheid, is dit seker nie vreemd om bestek op te neem van wat agter lê nie. Dit moet wees waarom haar gedagtes deesdae aanhoudend terug voeter na die verlede toe. So ver terug ontmoet het, en uiteraard ook die tragiese gevolge van dié ontmoeting.\u003c\/span\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eNie dat dit daarna veel beter gegaan het nie. Een onbesonne ding na die ander het sy aangevang tot sy hier op Vywerbaai beland het. Hier waar sy met haar seun kon herenig en, as enorme bonus, die vywervroue leer ken en hegte vriendskappe gesmee het. Sy was sowaar naïef genoeg om te dink die meetsnoere begin nou vir haar in die regte plekke val. Tot die dag voor die eerste grendeltydperk toe sy besef ŉ mens se sondes haal jou altyd in. Selfs sondes wat jy nie self gepleeg het nie ..\u003c\/span\u003e","brand":"Lapa Publishers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40197580980322,"sku":"9780637000048","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/1279\/5591\/products\/377059_62da5562a71640.98429995_9780637000048_230x359_2f0989ff-1767-42e6-95f0-2b24d00444a7.webp?v=1671355538","url":"https:\/\/elexacademicbookstore.co.za\/products\/marilyn_large-print_handel","provider":"Elex Academic Bookstore","version":"1.0","type":"link"}