{"product_id":"lira_large-print_handel","title":"Lira_Large print_Handel","description":"\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eLira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ? ma te wees nie. Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe. Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het. Sy beland op Vywerbaai waar sy ? winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. Die finansiele risiko's wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade - upcycle gaan sy haar lewe upcycle. Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ? vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar - een met ? sterwende vrou en ? kind wat Lira haat. Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ? waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal ? man sy taaibosspies deur ? vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet. Maar soos haar vriendin Corali se: \"Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.\"\u003c\/span\u003e","brand":"Lapa Publishers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40197579735138,"sku":"9780637000024","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/1279\/5591\/products\/692694b4-a945-46b5-9471-416ef3480ea6-qpn13_large_96c2a1f8-835b-492c-8831-6a3b27aeb378.jpg?v=1671354222","url":"https:\/\/elexacademicbookstore.co.za\/products\/lira_large-print_handel","provider":"Elex Academic Bookstore","version":"1.0","type":"link"}