{"product_id":"kwessie-van-tyd-n","title":"Kwessie van tyd, 'n","description":"\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eDie verkeerde man op die regte plek kan ’n groot verskil maak.\u003c\/span\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eOp ’n stormagtige nag in ’n Engelse herehuis word ’n jong vrou grusaam vermoor.\u003c\/span\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eSy vat ’n eienaardige geheim na haar graf toe en die moordenaar verdwyn soos ’n skim in die nag.\u003c\/span\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eTwintig jaar later by een van die wêreld se mees eksklusiewe perdewedrenne is dit die buiteperd wat onverwags die kroon wegdra. In een van die losies staan Henry Clarke stomgeslaan. Hy het sopas iets onmoontlik sien gebeur.\u003c\/span\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eOp ’n klein wildsplaas in die noorde probeer Jan Brand vir hom so tussen die stof en droogte ’n nuwe lewe staanmaak. Vir so ’n jong man het hy al baie geleef. Nes hy dink hy kan die stad agter los en in vrede begin boer, ontvang hy ’n uitnodiging van sy skatryk buurman, einste Henry Clarke. Dié wil Brand as privaatspeurder aanstel om ’n raaisel in die ruitersport op te los. Kort daarna verdaag Brand na Kaapstad, waar ’n geheim begrawe deur tyd, geld en mag vir hom wag, tesame met die mense wat bereid is om te moor om dit so te hou.\u003c\/span\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eJan Brand mag dalk die stof van sy hande af gewas het, maar binnekort gaan hulle vol bloed wees.\u003c\/span\u003e","brand":"Lapa Publishers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40192770146402,"sku":"9781776352258","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/1279\/5591\/products\/367145_624b017968e9a8.26165620_9781776352258_358x557_9a8e3655-4578-4768-a0d3-f1619cb8cd48.webp?v=1670831857","url":"https:\/\/elexacademicbookstore.co.za\/products\/kwessie-van-tyd-n","provider":"Elex Academic Bookstore","version":"1.0","type":"link"}