{"product_id":"kanker-schmanker","title":"Kanker Schmanker!","description":"\u003cspan data-mce-fragment=\"1\"\u003eDie oorlewingstog van 'n dapper vrou.\u003c\/span\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003e \u003cbr data-mce-fragment=\"1\"\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003e“ ŉ Kale vlakte waar my regterbors eens was. Ek maak my oë toe en laat my brein toe om te proe aan hierdie monumentale ding. Kanker schmanker, besluit ek. Ek is nog net soveel vrou soos voor die operasie. My vroulikheid het toe al die tyd nie in my bors gesit nie. Dit sit in my kop, in my hart, in daardie onmeetbare, onaantasbare iets wat die gees genoem word.”\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003eIn hierdie aangrypende boek deel die bekende spanningsverhaalskrywer Madelein Rust die intiemste besonderhede van haar reis met borskanker. Dit is ŉ brutaal eerlike vertelling wat haar belewenis van die siekte met patos en humor uitbeeld. Lesers verkry ŉ eiesoortige blik op die fisieke ervarings van borskankerstryders sowel as die ewig veranderende binnewêreld van dié wat teen die siekte veg.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-mce-fragment=\"1\"\u003eKanker schmanker! rus borskankerstryders toe met inligting wat nie altyd geredelik beskikbaar is nie en help hul geliefdes om die reis met kanker beter te verstaan. Dit is ŉ boek van hoop en triomf wat die leser hardop laat huil en laat lag. Dis 'n verhaal vir elkeen van ons wat ŉ stryd van enige aard stry.\u003c\/p\u003e","brand":"Lapa Publishers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39430801162338,"sku":"9780799384819","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/1279\/5591\/products\/aaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaa.jpg?v=1633427057","url":"https:\/\/elexacademicbookstore.co.za\/products\/kanker-schmanker","provider":"Elex Academic Bookstore","version":"1.0","type":"link"}