Biodiversiteit in gevaar: Onderwysersgids
Facto en sy ouers kuier nog steeds by die see. Hy is baie ontsteld as hy op rotspoele afkom wat erg besoedel is. Hy kry weer die Flixies daar naby die see, waar hulle praat oor hoe biodiversiteit bedreig word deur wat mense doen. Hy besef dat dit net mense is wat ander vorme van lewe bedreig en as biodiversiteit bedreig word, beteken dit dat die aarde nie kan funksioneer soos dit moet nie. Hy hoor van die gevaartekens wat ons in die gesig staar en hy wonder hoe lank dit nog sal neem voordat mense Ruimteskip Aarde en al sy bemanning so erg verniel dat dit net so droog en sonder lewe soos Mars of Jupiter sal wees!
We Also Recommend