Menu
Cart 0
Meerkrag (Afrikaans multigenre SP)

Meerkrag (Afrikaans multigenre SP)

  • R 235.95
  • Save R 14


Doen gedigte dit vir jou? Hou jy van stories of stel jy meer in drama belang? Meerkrag is die boek wat jou die kans gee om self te besluit en self te kies.

Jy ontmoet van die heel beste skrywers in Afrikaans dié wat gereeld met die pryse en lofwoorde wegloop. Jy sal onmiddellik die (nogal uiteenlopende) name herken van Sheila Cussons, Gert Vlok Nel, Antjie Krog, Philip de Vos, Koos Kombuis, Rachelle Greeff, Diana Ferrus, François Bloemhof, Dana Snyman, Fanie Viljoen en Petra Müller. Terselfdertyd leer ken jy ook n handvol opwindende nuwer skrywers. En deur die bank skryf dié mense soos ons praat stedeling, dorpenaar of plattelander.

Elke skrywer se styl is eiesoortig. Elkeen se hart klop anders. Maar as dit by kinders en tieners kom, dink hulle eenders: n kind wat lees is n kind wat uitstyg. Hulle weet, want dit het hulle ervaar. Boeke bring die hele wye wêreld tot in die holte van jou hand.

Elke stuk word afgesluit met vrae. Nie om jou of jou onderwyser vas te vra n ie, maar juis om die teks vir jou te help oopsluit.

Meerkrag is vir jou om te geniet. En van dié vertrekpunt die wêreld en al sy maltrap mense van nader te leer ken.